top of page

Geskiedenisgrepe vir Afrikanerkinders

R 150,00Price
Quantity

Sagteband


Geskiedenisgrepe vir Afrikanerkinders is ’n boekie vir jongmense wat ’n bondige oorsig van die Afrikanervolk se ontstaan en geskiedenis bied. Dit is nie ’n geskiedenishandboek nie, maar ’n vertelling wat jong lesers se nuuskierigheid oor hul herkoms wil prikkel en hulle wil aanspoor om self verder te lees.

Kennis van ons geskiedenis is belangrik in ’n tyd waarin die Afrikaanse taal, die Afrikaner se plek in Suid-Afrika en ons regte as burgers dikwels in die media en die politiek bevraagteken of aangeval word.

Daar is hoofstukke in ons geskiedenis waarin verkeerde besluite geneem is en verkose regerings verkeerd opgetree het. Goeie idees en ideale is soms deur politici misbruik, en daar is ook eerlike foute gemaak. Ons moet dit erken, dit eerlik onder oë sien en daarmee vrede maak. Dit is deel van ons geskiedenis, maar dit is nie ons ganse geskiedenis nie. Vanuit die skrywer se perspektief was apartheid nie uit bose bedoelings gebore nie, hoewel die stelsel en die toepassing daarvan tot groot onreg en leed gelei het.

Jong Afrikaners behoort te weet waar hulle vandaan kom en wat hul voorouers deurgemaak het. Hulle moet ook weet dat daar veel is waarop hulle trots kan wees: verhale van moed, geloof, deursettingsvermoë en mense van integriteit wat te midde van moeilike omstandighede ’n toekoms vir hul nageslag probeer bou het.

In die voorwoord word dié treffende vers van N. P. van Wyk Louw aangehaal—woorde wat vandag steeds diep aanklank vind:

Miskien sal niemand later

mooi dinge van ons weet

en nêrens sin te kry wees

in al ons stryd en leed.

Sal elkeen as hy magteloos

naby die sterwe lê

net hierdie eensaam wete

uiteindelik nog hê:

dat ons nie kon gebuig word

soos hul geweld dit wou

en dat ons hoog kon lewe

net aan ons bloed getrou.

(Uit: “Die Halwe Kring” – N. P. van Wyk Louw)

    bottom of page